Andrew Henry Martin (AHM) Scholtz is op 28 Julie 1923 in Kimberley gebore. Hy het na st. 5 die skool verlaat en het as skrynwerker gewerk. Daarna het hy aan die Tweede Wêreldoorlog deelgeneem. Ná d...ver másAndrew Henry Martin (AHM) Scholtz is op 28 Julie 1923 in Kimberley gebore. Hy het na st. 5 die skool verlaat en het as skrynwerker gewerk. Daarna het hy aan die Tweede Wêreldoorlog deelgeneem. Ná die oorlog werk hy tot met sy aftrede as bou-ondernemer op Mafikeng. In 1995 debuteer Andrew op 72-jarige ouderdom met sy roman, Vatmaar: ’n lewendagge verhaal van ’n tyd wat nie meer is nie. Dié boek is ’n groot sukses en is met die Eugène Marais-, CNA- en M-Net-prys bekroon. Scholtz het ook die Patrick Petersen Gedenkprys in 2002 en ’n SALA-toekenning postuum ontvang. Dit is ook in Nederlands, Engels en Duits vertaal. Hy is op 17 November 2004 op 81-jarige ouderdom oorlede.ver menos