Hilda Lategan is ’n geregistreerde Suid-Afrikaanse dieetkundige met ’n gevestigde private praktyk in Pretoria. Sy het die graad B.Sc. Dieetkunde aan die Universiteit van Pretoria b...ver másHilda Lategan is ’n geregistreerde Suid-Afrikaanse dieetkundige met ’n gevestigde private praktyk in Pretoria. Sy het die graad B.Sc. Dieetkunde aan die Universiteit van Pretoria behaal, waarna sy ’n Nagraadse Diploma in Hospitaaldieetkunde aan die Universiteit van die Vrystaat voltooi het. Sedert 1975 werk sy in verskeie vertakkings van die beroep, waaronder as hospitaaldieetkundige, wat haar waardevolle ervaring in terapeutiese voeding, voedseldiensbestuur en resepontwikkeling besorg het. Hilda glo die lewe is veel meer as bloot “bestaan” en “oorleef” en dat lekker eet saam met geliefdes ’n groot deel hiervan uitmaak. Met die gejaagdheid van die moderne lewe is daar egter ’n toename in leefstylsiektes, wat nie net oorgewig, diabetes, hoë bloeddruk en kardiovaskulêre siektes insluit nie, maar ook voedselsensitiwiteit en siektes van die spysverteringskanaal soos prikkelbare dermsindroom en gastritis, om maar ’n paar te noem. Hierdie toestande – net soos voedselallergieë – kan slegs bestuur word deur ’n gebalanseerde leefwyse en verstandige eetgewoontes, wat die uitsluiting van sekere voedselsoorte kan beteken. Uit jare se ondervinding weet Hilda mense soek altyd resepte wat – ondanks die beperkinge wat die dieet stel – maklik is om te berei, en ook smaaklik, bekostigbaar en gesond is. Verder moet die bestanddele vryelik beskikbaar wees. Om aan hierdie behoefte te voorsien is haar groot inspirasie.ver menos