Bets Bronkhorst is op 21 Desember 1960 as 'n Zeeman gebore in Carletonville. Haar ouers het in 1962 na Springs verhuis en sy was daar woonagtig tot en met 1988. Sy was 'n leerling ...ver másBets Bronkhorst is op 21 Desember 1960 as 'n Zeeman gebore in Carletonville. Haar ouers het in 1962 na Springs verhuis en sy was daar woonagtig tot en met 1988. Sy was 'n leerling van Laerskool Christiaan Beyers en op hoërskool het sy by Dr. Johan Jurgens gematrikuleer in 1978.
Bets is baie gelukkig getroud met Willem Bronkhorst, is baie trots op hul ses kinders en drie pragtige kleinkinders.
Bets is 'n ekstrovert, sy het 'n baie goeie sin vir humor, lag sonder ophou, is altyd die stoutste een in die groep. Sy is baie kreatief en kunstig met haar hande. Skep eerder self, in plaas van om te koop. Op 'n meer ernstiger noot: sy kan baie emosioneel raak as dit by ander se lief en leed kom, sy reik altyd uit na ander, is altyd bereid om te help en luister. Haar 'motto' in die lewe is: bid sonder ophou. Haar verhouding met haar Skepper bou sy daagliks op en is 'n diep gelowige wat vantevore kinderkrans aangebied het en behoort aan 'n Bybelstudiegroep. Sy is dan ook lid van die NG Kerk in Dunnottar.
Haar liefde vir skryf het reeds op 'n jong ouderdom begin. Sy is 'n diep dinker! Sy het al 'n paar kinderstories vir haar kleinkinders geskryf en 'n hele aantal gedigte. Op aanvraag bind sy gereeld op eie koste van haar gedigte wat dan as geskenke gaan.
PADLANGS spreek tot in jou hart, jou siel. Hierin sal jy iets vind wat betrekking het tot jou eie emosies. Haar keuse van gedigte wat sy vir jou gekies het, sal jou opnuut laat besef, jy worstel nie alleen nie, ons huil dieselfde trane en lag ook dieselfde lag.
"Padlangs", wat binnekort verskyn, is haar eerste elektroniese digbundel.ver menos