Alita Steenkamp is 'n vryskut-joernalis en skrywer wat in haar loopbaan van 20 jaar honderde artikels vir 'n verskeidenheid publikasies geskryf het. Profiele van bekendes en reisst...ver másAlita Steenkamp is 'n vryskut-joernalis en skrywer wat in haar loopbaan van 20 jaar honderde artikels vir 'n verskeidenheid publikasies geskryf het. Profiele van bekendes en reisstories is haar gunstelinggenre. Van haar kinderversies is ook in Rympies vir Pikkies en Peuters en Rympies vir Kleintjies en Kleuters opgeneem. Sy is getroud met die ondersoekende joernalis en skrywer De Wet Potgieter. Sy hou van tuinmaak, lees en om lang ente te stap. Die geselskap van haar drie hondekinders en Toffie die kat sorg dat sy nooit alleen is nie.ver menos