Ton (Theunissen) Vosloo, gebore Oos-Kapenaar, het op Uitenhage grootgeword en daar gematrikuleer. Hy het sy loopbaan by Oosterlig begin en was in 1970-1971 'n Nieman-genoot by Harvard. Hy was 'n jo...ver másTon (Theunissen) Vosloo, gebore Oos-Kapenaar, het op Uitenhage grootgeword en daar gematrikuleer. Hy het sy loopbaan by Oosterlig begin en was in 1970-1971 'n Nieman-genoot by Harvard. Hy was 'n joernalis van 1956 tot 1983, waarvan redakteur van Beeld van 1977 tot 1983, toe hy as besturende direkteur van Naspers aangewys is en David de Villiers in 1984 opgevolg het. Hy was uitvoerende voorsitter van Naspers van 1992 tot 1997. Van 1997 tot Maart 2015 was hy nie-uitvoerende voorsitter van Naspers nadat hy in 1997 op ouderdom 60 uitgetree het as uitvoerende voorsitter. Hy was voorsitter van 'n aantal groepfiliale, soos Media24, die MIH-betaaltelevisiegroep en Naspers se boekuitgewerye. Hy was ook 'n nie-uitvoerende voorsitter van Sanlam, 'n trustee van die Wêreldnatuurfonds (WWF SA) en voorsitter van die Kaapse Filharmonie. Hy is ook 'n oudvoorsitter van die Drukmediavereniging van Suid-Afrika en was 'n lid van die Wêreldvereniging van Koerante. In 1989 het hy die Protea-prys as Suid-Afrika se Bemarker van die Jaar gewen. Hy is die ontvanger van drie eredoktorsgrade. Die Finse regering het aan hom dié land se hoogste burgerlike orde, die Orde van die Wit Roos, toegeken vir sy bydrae tot handel en inisiatiewe vir die bevordering van Afrikaans.ver menos